- Developer: Carien Van Zyl
- Website: Official website
- Release Date: 2017-03-07
- Supports: Family Sharing
- Languages: English
- Compatibility: Requires iOS 10.0 or later. Compatible with iPhone, iPad, and iPod touch.
## Description
Hierdie hangmannetjie is spesifiek op kinders van 5 tot 9 jaar gemik. Hangmannetjie is aangepas tot 'n meer kindervriendelike tema. In die plek van 'n galg bevat dit 'n wolf wat homself aantrek om vir varkie te vang. Met elke letter wat die kind verkeerd raai, kry wolf 'n kledingstuk by. Met elke letter wat die kind reg raai, vorder varkie nader aan sy huisie. As die woord volledig reggeraai is, gaan varkie veilig by sy huisie in. As wolf egter alles aangetrek het voordat varkie by sy huis kon uitkom... wel, dan is varkie nie so gelukkig nie.
Die hangmannetjie bestaan uit 3 levels. Level 1 en 2 bestaan uit eenvoudige woorde onderskeidelik met enkel- en dubbelklanke. Tydens die twee levels, is daar 'n verteller wat die klanke foneties klank soos die kind dit raai. Wanneer die woord volledig geraai is, word die woord vir die kind geklank sodat hy ook die samevoeging van die woorde kan hoor. Bv. k- a - t - kat.
Level 3 bestaan uit meer ingewikkelde woorde wat grotendeels voorkom in Graad 1 - 3 Lewensvaardigheid onderwerpe. Bv. Klaskamer, huis, diere, beroepe ens.
Met elke speletjie, kry die kind drie moontlike leidrade. Elke leidraad wat hy van gebruik maak sal vir die wolf 'n kledingstuk verskaf. Dit bestaan uit 'n leidraad, 'n ekstra letter en 'n aanduiding van waar in die woord die klinkers is.
Ons vertrou dat die kinders baie pret met die speletjie sal he en dat dit ook in die proses hulle spelling sal verbeter.
- Fruits Garden Match 3 Diamond FREE - Bigo Version
- Fruits Garden Match 3 Diamond PRO - Bigo Version
- Fruits Garden Match3 Pro
- Fruits Garden Story - King of Crush Heroes Games
- Fruits Garden Story: Kids Game
- Fruits Garden: The Blast Puzzle
- Fruits in Russian: Learn & Play Words
- Fruits in Space
- Fruits Inc - build your farm, meet new friends, make partnerships
- Fruits Invasion
- Fruits Jam Crush
- Fruits Jam Puzzle - Drop!
- Fruits Jewel Star
- Fruits Jigsaw Puzzle
- Fruits Jigsaw Puzzle - Full Version